
Louw Venter is 'n lang, lenige akteur en skrywer. Hy is veral bekend vir sy rol as Corné in The Most Amazing Show, maar het ook al talle film- en televisierolle vertolk. Hy het ook as byspeler in internasionale produksies soos In my Country met Juliette Binoche en Samuel L Jackson en die kunsfilm Black Butterflies gespeel.
Hy het aan Survivor Santa Carolina deelgeneem en is te siene as improviseerder op kykNET se Spekskieters en gekskeerdery en op die silwerdoek in Rainbow Skellums.
Hy is 'n bekroonde kopieskrywer, met draaiboeke vir televisiereekse, The Most Amazing Show, rolprente, kortfilms en talle verhoogstukke onder sy belt. Hy woon in die Kaap en het 'n vrou, twee kinders, 'n hond, 'n kat en 'n voorliefde vir parmesaankaas.

Hoe was dit om saam Nico/Sandra/Anel/Paul/Diaan en Corine te werk?
Hulle is almal professionele mense en daarom het dit meer soos 'n vakansie gevoel. Ek haal my hoed af vir hulle almal - soos in letterlik. Dis net daai ding met Nico se asem…
Wat was 'n hoogtepunt tydens die verfilming?
Seker maar om met 'n Maserati deur Johannesburg te jaag en om oor die wynlande in 'n helikopter te vlieg. O, en natuurlik om by die badkamer in te storm terwyl Anel bad!
Hoekom moet mense Semi-Soet gaan kyk?
Want dis die keurigste en snaaksste film wat nog ooit in hierdie land gemaak is. En Louw Venter is daarin - love daai ou se movies!
